moeder
met eerste lig in my oë
was sy maar daar
haar donker oë
flitsend oor my
wakende oë
wat alles
sien
sy
was my moeder
rein soos iemand
wat moeder is kon wees
geen taak te moeilik
geen sonde te lelik
liefde was sy
liefde het sy gegee
ingeplant in my gene
in my gedagtes
in my lewe
sy was my ma
my vriend in nood
my riglyn tot die dood
waar sy is wil ek ook gaan
aan Sy voete sal sy dien
daar is ook plek vir my
©Teárlach
2 Kommentare
-
Ronel Janse van Vuuren
Pragtig.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Mei 2018 - Moeder projek