Almal het ‘n storie
ek skryf vir jou ‘n storie
smôrens as ek koffie drink
wyl die son haar eerste strale
oor hoogland en oor vlaktes skink
ek grif ‘n bietjie blou daarin
ek skets ‘n tikkie rooi
die lag en ook die trane
word met sierskrif opgetooi
ek doop my pen in water
ek doop my pen in vuur
want elke mens sal in sy lewe
hierdie tussenstryd verduur
(en stories is net stories
– ons almal weet dis so,
maar net voordat jy wegkyk
lees ek verhale in jou oë)
ek skryf vir jou ‘n storie;
taferele in ‘n boek geskink
wyl die son haar laaste strale
in die avondskemering verdrink
© Carma Shaw
10 Mei 2018
13:30
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Paula Paxton
Pragtige gedig.