Leuen & Waarheid
Die leuen loop rond dis in ons strate
Die waarheid le soms alleen & verlate,
Die leuen hoor ons uit ander se mond
Die waarheid wat val uit die blaf van ‘n hond;
Die leuen trek vinnig moeilik om te stop
Die waarheid maar stadig alles met tyd,
Die leuen word verniet aan mense gegee
Die waarheid met skoppie & besem gevee;
Die leuen het vrede uit my lewe geneem
Die waarheid oornag uit my hande gesteel,
Die leuen veroorsaak ellende & pyn
Die waarheid verloor dan skielik sy sein;
Die leuen is verleidend & maklik om te glo
Die waarheid is kras & moeilik om te gryp,
Die leuen is vuil & word deur satan gelei
Die waarheid gebruik om voor God te bely;
Die leuen leef binne, soms binne my huis
Die waarheid daar buite in die wind se gedruis,
Die leuen ploeg in skade daar waar hy gaan
Die waarheid het weer by my voordeur kom staan.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Inkmoderator
SH, die gebruik van hoofletters by die aanvang van elke sin word nie meer wyd aangemoedig nie, in teendeel, volgens die AWS word hoofletters in poësie streng gereguleer deur voorafgaande leestekens soos bv. die punt; komma-punt; vraagtekens en uitroeptekens. Eiename en plekname kan ook met hoofletters geskryf word. Wat my in hierdie vers opval is die herhaling van baie woorde wat baie maklik en funksioneel weggelaat kan word sonder dat die leser die strekking verloor. Herhaling, verstaan my goed is 'n goeie gereedskapstuk vir beklemtoning en "impak" maar dit moet ALTYD funksioneel en nodig wees. Ek stel voor jy redigeer en skaaf bietjie hieraan en kan dan sommer daardie weergawe in die kommentaarboks plaas. Ek sal periodiek teugkeer en dan verder met jou daaroor gesels. Skryfgroete IM