Jongste aktiwiteit:

Warmlugballonvlug




3 Kommentare

  • Inkmoderator

    Ernst, ek sou graag hier kommentaar wou lewer, maar die plasing bevat slegs die titel van die gedig?? Groete IM

  • Ernst

    Warmlugballonvlug Op ʼn vroegoggend in herfs, die ontvlugseisoen, stap ek die roete wat by Malvadraai weer by die Swartbergpas aansluit, ʼn woudvoël se vlerkgeklap laat my opkyk, dis ʼn Rooibors- ruigtesanger wie se stilte ek versteur. Ek vee sweet van my voorkop af en vir ʼn oomblik wil ek ook kyk hoe riviere vry kronkel, óók die effens koue lug daarbo inasem. Ek blaas ʼn herfsblaar uit die aanloopbaan van my palm en wens vir ʼn warmlugballonvlug – vir ʼn ongebonde opelug avontuur. © Ernst Fernando dos Santos

  • Ernst

    Jammer IM ek kry nie die tipografie reg op Ink nie, dit is veronderstel om soos 'n lugballon te vertoon - soos op my FB bladsy. Groete Ernst

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed