Jongste aktiwiteit:

Ode aan ouers

Met wasige oë, kuier ek by herinerringe teer.
Terwyl rou opregte hartseer in my hart inskeur.
Verlange na my ouers, kom klop weer aan my lyf,
Met ‘n tipe heimwee wat ek nie wil verdryf.

Ouers wat in sweet, in alles kon voorsien.
Liefde onvoorwaarlik wat ons nie kon verdien.
Onmenslike werksure en koue wintersweer,
In warm somersdae, niks kon hul liefde keer.

Kindwees kan verblind, sien net deur selfsug oë,
Terwyl ouers op hul knieë hand uitgesteek na bo,
Smeek voor die Gewer van lewe, om genade vir hul kind.
Waar hy homself in verwoeste lewe vind.

Onbaatsugtig!!

Dis die liefde van ouerskap.
Terwyl tienervoete hul siele in modder vertrap.
Wanneer jy in ouerskoene volg, sal jy eers kan verstaan,
Van onvoorwaarlike liefde en omgee met ‘n traan.
Paula Paxton©




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed