Jongste aktiwiteit:

Psigose

Psigose

Deurmekaar geweef, die menswees in my!
Ander verstaan nie, en skuif my eerder opsy.
Wie ek is, het die lewe my kom bied,
In donkerte is my beeld uitgegiet.

Vasgevang in die gat, wat my dieper insuig,
Sonder dat ek wil, word my gees neergebuig.
Dryf ek byna daagliks, in my wanhoop weg.
Niks lewe in my oor om oorwinnend terug te veg.

Grypend is die eensaam koud wat my so goed ken,
Grou is die gemoed wat my liggaam vaspen.
Bitter die smaak, wat drup uit my mond,
Tappend die lewe wat my gevoeloos kon wond.




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed