Oordenkingstyd
As ek kon, sou ek vanaand aan tafel sit by ‘n oopgeslane boek vol ongeskrewe woorde. En huiwerig die spasies vul (met pennepunt die skrifte krul) soos iemand uit die vêr velede. Geen hedendaagse helder lamp sou aan plafonne hang en by die warm vlam van paraffien sou ek weer suiwer voel en dieper sien […]
Ek is Marietjie
Ek is Marietjie Sy gaan sit om haar grimering aan te sit, maar vandag is dit nie grimering nie…dit is ‘war-paint’! Sy bestudeer haar gesig aandagtig. Sy moet erken sy hou nogal van wat sy in die spieël sien. Haar hare is in ‘n moderne kort styl gesny en dit is donker blond gekleur. Sy […]
Koos, die Yank en die haai
Koos, die Yank en die haai. Deur Stephan Uys. Ek was die dag self op die strand, so ek het met my eie oë die storie sien gebeur. Ook maar goed ek was daar, anders het ek my eie oë se storie nie geglo nie! Ek het ook later met die oorlewende partye gepraat, net […]
Boer Johan soek ‘n vrou
Boer Johan soek ʼn vrou, deur Stephan Uys “Nou’s ek moeg gelieg!” sê Johan vir homself, en gee ʼn gedempte vloek. Hy vryf die krampe uit sy kort dik vingers. Hy het nog nooit van skryf gehou nie, en die brief aan “Boer soek ‘n vrou” het sy tol geëis. Hy sit tevrede agteroor en […]
Die Uittog
Die Uittog, deur Stephan Uys Hier na die einde van November bestudeer ek en Liefie die begroting met ‘n vergrootglas, nie omdat ons oë so sleg is nie, maar omdat ons salarisse so klein is. Ons besef sommer reeds gou in ons ondersoek dat daar nie fondse is vir see toe gaan nie. My hart […]
‘n Teken
Aan ‘n kruis koud en alleen hang Jesus die Beloofde een Hy kon die skare se gelag hoor Hy bid vir hulle met ‘n traan al het hulle sy menswees verslaan Jesus se dood Sy begrafnis Sy opstanding het vir ons verlossing gebring Jesus leef Hy is die Heer Ek glo in sy Liefde Ek […]
Ja Korporaal
Ja Korporaal, deur Stephan Uys Ek kom nog uit die era van verpligte Nasionale Diensplig. Ek onthou ek was in Standerd Nege toe daar so ʼn bruin venstertjiekoevert in ons posbus lê, geadresseer aan niemand anders as die uwe nie. Ek het opgewonde die brief oopgemaak, hopende dat ek na die Vloot opgeroep is. Ek […]
Grensplaas
Grensplaas, deur Stephan Uys Ferdinand Jakobus Gerhardus Ehlers se hare mag grys wees, maar nie een van hulle is bang nie! Hy is twee en sestig jaar oud en het al baie dinge in sy jare gesien en beleef; hy gaan ook nie nóú staan en bang word nie. Vroeg vanoggend stop Luitenant Kunéne op […]
Bela-Bela
Bela-Bela Dit is nou maar net so dat sekere mense met ʼn ingeboude kompas gebore word. Jy kan hulle enige tyd en op enige plek wakkermaak en hulle vra waar is noord. Na ʼn bietjie innerlike oordenking en interne navigasie sal hulle dan vir jou met ongelooflike akkuraatheid presies kan sê waar Noord lê. Hierdie […]
Plaaslike Geluk
So kry die donker lewe