‘n Teken
Aan ‘n kruis
koud en alleen
hang Jesus
die Beloofde een
Hy kon die skare
se gelag hoor
Hy bid vir hulle met ‘n traan
al het hulle sy menswees verslaan
Jesus se dood
Sy begrafnis
Sy opstanding
het vir ons verlossing gebring
Jesus leef
Hy is die Heer
Ek glo in sy Liefde
Ek glo in sy Woord
en die Ewige Lewe
Amen!
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die April 2018 - Paasfees projek