“Wie het chaos gesaai?”
Baie lank gelede was daar ‘n afgeleë klein dorpie, met die naam Witgatwortelfontein, in die noorde van Namibië. Op Witgatwortelfontein was ‘n klein Boesman-gemeenskap gevestig, wat totaal en al geïsoleer was van die beskawing. Gevolglik was die mense van Witgatwortelfontein om oorlewing geheel en al van die natuur afhanklik. Daarom het hulle dan ook groot […]
huppel-druppel
piet-my-vrou yskoue druppel hou aan huppel sien-jou-gou ouman kruppel swaar wolke hang oor duin se wang niks meer soepel winter is koud bibber jy voort in lewenswoud © Tearlach.
Nat kombers (Goud) 457 Woorde
Ek is nie ‘n avontuurlustige mens nie. Daar is ‘n hele lys van aktiwiteite waarin ek glad nie belangstel om te doen voor ek tot sterwe kom nie. Piekniek hou, verál in die winter, beklee ‘n baie spesiale plek op hierdie lys. Die idilliese fliektonele waar ‘n paartjie aanstryk deur die lang gras terwyl hul […]
Tydlose oomblikke
Kom wandel saam met my op saggolwende slingerpaadjies met oneindig draaitjies waar die wind sy snare stem in die rooibruin-sand van duineland dan skryf ek weer jou naam met ’n kameeldoring in die sand waar ewig tydloos lê ons spore saam tussen die duine op ’n rietmatjie onder ’n kameeldoringboom berei ek dan vir jou […]
JUNIE 2025 – PIEKNIEK PROJEK
Beste INKers Op die 18de Junie, vier die wêreld internasionale piekniek-dag. Vir ons hier aan die suidpunt van Afrika is dit egter winter, maar ek is seker jy kan jou gedagtes mobiliseer om hieraan deel te neem. Ek is seker van ons het ‘n voorkeur vir ‘n winterson-piekniek, maar ons huidige seisoen behoort nie […]
Vlerke.
Vlerke. Die trein fluit altyd om kwart voor sewe in die oggend. Babie weet dit, want sy sit elke oggend op dieselfde afgeskilferde sementtrap voor hul spoorweghuis en wag. Haar twee kaal voete rus op die koel grond, en haar oë, blouer as die somerlug ná ’n bui reën, staar na die horison waar die […]
Pendorings
pendorings het my pal deurpriem op die werf waar ek gespeel het want selfs eenkantkinders klouter sonder sorg oor ongesiende lanse tot een sagte vlees vind; diep en sekuur soos ʼn rapier met ʼn afbreekpunt wat pynlik woedend uitsweer terwyl jy teer leer trap en agterdogtig kyk na onder dekades later kyk ek steeds soms […]
Engel van die Dood Goud
Slaap sag Amakeia slaap sag die bloed teen my kosyn Is deurweek met bitter wyn en ‘n engel het sy vlerk daardeur kom sleep slaap sag Amakeia slaap sag dood se stil krom klou het om jou hart kom vou, die engelvlerk is in granaat gevlek slaap sag Amakeia slaap sag jou […]
Die hart van n ouer Goud
Ek wil jou toevou in watte in ragfyn sy jou toe-koekon sodat jy veilig kan bly ek wil jou vlerke knip… die Ikarus blus sodat die skroeiende son se venynige vlam homself kan uitwis ek wil jou vasketting, die naelstring weer verbind maar ek weet, die voetpad van die lewe moet jy vir jouself […]
Die berge swyg Goud
DIE BERGE SWYG Heleen vee die nattigheid van haar wang af. Herman moet tog net nie sien sy het gehuil nie. Sy druk haar hande in die skottel. Haar vingerpunte is rooi en teer. Ritmies laat gly sy die borsel oor die sementvloer. Spatsels rooi verklap vroegoggend geheime wat saam met die seepwater in die […]