Thomas en die wasbakboot
Thomas en die wasbakboot Thomas was een van ons huiswagte in Tanzanië. Huiswagte is manne wat huise snags bewaak, en in Oos Afrika, soos dit seker ook in die res van Afrika is, is huiswagte nie net vir rykes nie, dit is vir almal wat ‘n huis bewoon, veral blanke buitelanders soos ons. Baie van […]
nalaat
Nalaat soms wil ek net sit en wonder oor die loop in die paaie van my leef en my poog om iets na te laat binne die stap van my eie weet, van wie en wat ek eintlik is my poog om die einde te erken te weet van die waarde van als in elke […]
vergewe
Vergewe as ek terugdink aan jou in kleure van blou, roos se rooi op swart getooi en die eelt in my hand in wrywing sy sag terugkry, my stap sy huppel in tergende dans vind ek met volgehoue skree in onderdrukte toon, jou voor my gees roep, soos ‘n kind met elke tree in vreugde […]
Te laat
Te laat in jou lewe kom een dag stadig voet vir voet in die stap van elke tree moet jy hom neersit dwars deur die pyn van elke skree in jou smeek weet jy van die hel in elke plan se slot van die gevolg in abstrak se besluit om te koop en die dans […]
Alice ek Alice
Daagliks s t a a r ek af in die haasgat na n wonderlike wêreld wat letterlik meer sin maak met elke tik van die klok Die aarde staan op sy kop en alles is t o t a a l opgekrok met n hoofletter F wat tyd klief Tik vir tik stap […]
Simbiose
Spel begin met woord of sin knip n oog of wink jy gooi n soen jou hartklop oorskry die spoedgrens en jou pols huppel kens simbiose kleef in leef
Roet
Dit laag nes roet op mens se gemoed die neerlae en teëspoed Laag na laag kenmerk met vervaag mens se lewenskrag tot traag Dit donker in vele skakerings die mens se siels rimpelings tot spielglad oppervlak Die las trek ons af met n grote krag tot in ons graf
algemene kennis
water is lewe daarsonder kan niks bestaan sonlig is lewe daarsonder kan niks bestaan waar daar lewe is is daar hoop en mens bestaan oor aarde is jy aangestel as toesighouer verniel jy dit sal jy sekerlik vergaan bewaar jou liggaam daarsonder kan jy nie leef glo in jou Skepper daarsonder is jou siel verlore […]
Die geheim in die houtkas deur Lynelle Clark
Ek wens ek het geweet wat al hierdie tekens beteken, wonder Paul gefrustreerd. Hy het nou al die boek drie keer deur gelees maar hy kon nog nie uitmaak wat die tekens in die kantlyne beteken nie. Daar is geen aanduiding in die boek wat enige lig werp nie. Hy het die boek weer gelees. […]
Koperduif
In die rooiborsduif se kleure stuur ek vir jou ‘n groet sierskrif aan ‘n purper hemel in lila, roos en goud Met die lagduif se gesang sing ek vir jou ‘n lied ‘n lied van liefde en van leed van hoe ek na jou verlang Ek stuur vir jou ‘n boodskap lief in ryk kaneelgeur […]