Herfswind
Die herfswind het my ver gewaai die kalahari oor met ‘n wye draai – verby die waters van die groot gariep – tot aan ‘n weskusbaai Stukkies van my hart het in die voorloop van die winter saam met die amber populier se blare in die herfswind rond geflinter Job se bitter klaaglied het langsaam […]
Soms Mis ek jou
Ek het jou eens, toe jou oë myne vang – vir ‘n oomblik, ‘n ewigheid – aan my hart se binnewand vasgedroom maar soms soek ek jou tussen woorde tussen hartseer wysies se akkoorde soms raak ons vir mekaar verlore is ons gesprekke net leë woorde Soms praat jy, maar nie met my nie oor […]
Neurielied
Neurielied (4de skryfkompetisie) In my gedagtes is jou beeld vir ewig vasgevang in my hart ‘n stukkie verlange w a n t jy was is sal altyd die onaantasbare neurielied van my hartsnare wees… ©PcV
Klere by die boomwinkel
Klere by die boomwinkel en regterhande In Dar es Salaam is daar nie veel klerewinkels beskikbaar nie, ten minste nie vir damesklere nie, en dié wat daar wel is, is so peperduur dat geen normale mens dit kan bekostig nie. Dis alles goed en wel om op Zanzibar t-hemde te koop wat afdrukke van Kuifie […]
Bennie en braaihoender
Benny en braaihoender Goeie raad vir enigiemand wat in Afrika reis en in die straatrestaurante wil eet: Kyk hoe besig die plekke is. As restaurante besig is, dan koop hulle nuwe produkte in, anders word Maandag se braaihoender Dinsdag se hoenderkerrie en Woensdag se hoendersop. Ons het by vriende uitgevra en is uiteindelik verwys na […]
James Bond en die Stomp Aap
James Bond en die Stomp-aap Zanzibar is die enigste plek ter wêreld waar ʼn mens die Rooi Stomp-aap (Red Colobus Monkey) kan sien. Eks nou nie ‘n aapkenner nie, behalwe vir my tuinwerker, maar hy’s darem nie so skaars hier in Oos-Afrika soos die stomp-aap nie. Mense betaal baie geld om na Zanzibar te reis […]
kers-fees
stille nag, Heilige nag terwyl almal op kersvader wag gooi nog ‘n drankie in die glas só kry ons nuwe krag.
Pop
my gees is hoogs ontsteld hiér laat mens sy wreedheid geld verdoem om vir ewig in ‘n hoek te staar stom – met kinderlyfie ewig verstar lokkies kleertjies skoentjies – te fraai rugkant altyd na mensdom gedraai sy was stout met gevolg die ewige straf dis boosheid, verregaande, skoon laf! en ek weet dis net […]
Wou
kribbel krabbel pen oor papier ek wou woorde babbel het alles nou ontsier
Hy is
van Bo gekom het Hy mens geword het Sy Woord lewe geword in Hom alleen is daar vryheid in Sy Seun alleen verlossing gely het Sy Seun en gesterf op derde dag opgestaan opgevaar na die Hemel langs Sy Vader sit Hy het nooit bely sonde erken Hy was en is sondeloos daarom glo ek […]