GENADE WATER
Druppels delikaat kosbaar val spat benat boeiend glinsterend aanhoudend betowerend les voed seën gedweë betyds reën ©HMellet
Kersfeesgebed – in ‘n tyd soos dié
Sal die nagte ooit weer stil wees soos dit lank gelede was, so heilig en vol vrede met ‘n hemel waarin sterre soos Kersfeesliggies pas? Soms lyk alles dan so donker – selfs die son verloor haar krag. Ons bly soekend na die lig, maar vind alewig dat ‘n skemer altyd êrens op ons wag. […]
Gedagtes verdof
Soet somer kom kruip in my hart dryf al die hartseer uit met jou oggendson se lag Ek is ‘n dromer ‘n ewige dromer my drome dans saam met die glowing van die see Waar my gedagtes in die blou verdiep soekend op ‘n strand vol klippies verdof deur die sout en sand wag ek geduldig in […]
Die stukkende windpomp op Hermansdrift deur Lynelle Clark
“Jy het ‘n fout begaan om die plek te koop. Al wat jy nou het vir al jou konfettie-drome is nimmer eindigende probleme.” Die sein was baie swak maar Monica het die boodskap verstaan. Vandat sy haar pa ingelig het oor haar koop, het hy telkemale sy ongevraagde opinie gegee en haar herinner dat sy […]
WINTERLIEFDE
WINTERLIEFDE vers1 winterliefde sny reg deur my in my gedagtes hier langs my sy jy is oppad na die lughawe het jou kom haal op die lughawe vers 2 winterliefde sny reg deur my in my gedagtes hier langs my sy eensaam hier op die hout bankie met my warm stomende drankie Koor: die vliegtuig […]
Die diepste dors
Mag die reën nooit ophou val nie – nie voor waters stort oor klip en krans nie, nie voor die strome loop nie, nie voor vleie blinkblou stoot nie, nie voor vinke neste bou en tussen riete dans nie, nie voor die laaste stof gaan lê en die grond ophou om dors te wees nie, […]
JY MAAL IN MY GEDAGTES
JY MAAL IN MY GEDAGTES Jy maal in my gedagtes rond jy lig my voete van die grond soen my sagkens op my mond draai my saam in my wêreld rond jy maal in my gedagtes rond ons kaalvoet in die sagte grond ons voete sweef oor die grond liefde dwaal in gedagtes rond ek […]
In die sug van die wind
As die wind snags laat teen verweerde luike van die ou klippondok ruk, word sy oorweldig deur verlange wat sy kloue styf om haar hart vasdruk! Stilte verbreek deur die nagwind wat deur die nokke van die ou opstal loei, en brandende snikke van ʼn hart wat wat brakbitter bloei! Onrustig rol sy rond en […]
Gebroke denker
Ek sit hier op ‘n rots, starend na gebroke branderskuim wensend dat ek ons wêreld reg kon dink – sout versoet donker verlig, of vere vang voor dit val; dalk met ‘n nuwe Einstein-teorie oor gebrokenheid Murphy se wette kon herskryf om perfeksie te vervolmaak. Bitter blou van ons oseaan, hemel of lugruim met sienende […]
‘n Tweede kans
‘n Tweede kans Jy … ja jy … Jy … jy sonder tande wat altyd lag jy … jy sonder ‘n haarstyl geen sjampoe en sonder kam jy … jy met vuil skurwe hande wat op ‘n oorskietkossie wag jy … jy met ‘n oopgaap skoenpunt wat jou tyd in parke verwyl jou lyf van […]