Gedagtes verdof
Soet somer
kom kruip in my hart
dryf al die hartseer uit
met jou oggendson se lag
Ek is ‘n dromer
‘n ewige dromer
my drome dans
saam met die glowing van die see
Waar my gedagtes in die blou verdiep
soekend op ‘n strand vol klippies
verdof deur die sout en sand
wag ek geduldig in liefde se somer-soet
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die November 2017 – Oop projek