Die Wensmeester
Al die kerse was aangesteek, tog kan die lig nie deur die donkerte breek nie. Vandat die laaste magiese gedierte gejag en in die kasteel se binnehof doodgemaak is vir almal om te sien is die spieëls dof en het vuur opgehou om lig te gee. Die sonlig is gedemp, maar dit was beter as […]
Asvaal Prinses Deel 2
Carina teug gelukkig aan haar koffie. Nie eens die feit dat dit al hoe kouer word hoe langer sy drink kan haar gevoelens verander nie. Haar stiefsusters sweef die eetkamer binne, besig om oor die bal te klets en kyk nie eens in haar rigting nie. *Jy kan die res van die verhaal […]
Fees in die reën
Die lewe is ‘n fees nie altyd sonskyn en rose of ‘n pad met blink spore maar God is groot en verheug my gees Oor die wye dreigende see kan ek Hom al my lag al my hartseer gee
Joanne se storie
Joanne moet die moeder wees vir haar ma. Sy is moeg vi die verantwoordelikheid
‘n Vers vir jou
Met my vinger vers ek jou naam – traan vir traan deurdruppel in ‘n winterskwatryn hierdie lewe was nooit ons s’n nie, en dit wat ek nog wou sê sal vir eers in ‘n vers moet lê want woorde is grensloos soos jou stem nou, spoorloos. © 2017 Caren Kearley Kopiereg voorbehou
Maanlig drome
Ek (en jy) en die sekelmaan het mekaar altoos mis verstaan ek wou ‘n droom vir jou baar onder die maan se wiegende ligsnaar. Iewers in my dol kop se galop los jy toe enkel-reënspore oor die hoogste sandbank in my hart se woestyn. Net soos die stukkie maan in die diep swart hemelruim spartel […]
Lykwoorde
(“Actions speak louder than words”) Bleek bewus van die wete dat sommige eggo’s deur klankbane gis en teerheid verbrokkel tot ‘n afsoen metafore gebaar in snikke onder lykwoorde om van alles ‘n leë fasade te maak opsoek na ‘n bietjie warmte in ‘n hart van staal Soms word woorde stil-gebore gewieg deur die wese van […]
Lila mymerings
Fluweel sag kruip hierdie nag oor die voue van my dag my vlerke sleep stofstrepe oor alle helder voetspore en vernielde verlange. Papgeplukte drome val sekuur vas teen die maanlig-mas van hierdie ster beligte nag. Hang my tog teen jou versies vanaand nog, asseblief woord-vir-woord herskryf my tog tot bywoner van ‘n gewone grote bestaan […]
Soete fees
Fluister slypend-verward deur die sterrelose nag die eggo’s van jou lag toegemaak in my hart Hoe soet smaak die liefde wat ‘n fees die soete-soete drome
L’art poetique
Myself het ek uiteindelik gevind dis die logos wat my kosmos aanmekaar bind. Jubelend kan ek bely: “Ek is ‘n digter ‘n poëet! Jihaa! Handré-hie-handré! Ek is vry!” My woorde waai wapperend in die wind my muse krul holrug in my bakhand mak gemaak in my gees se skadukant. Gooi my letters in jou rooiwyn […]