Heilige fees
deur oseane sal ons hande hou soos deur duinesand wat korrel en skuif harte wat koer en fladder soos ‘n duif my hart vir ewig aan jou toevertrou . . . my woorde kniel heilig voor jou voete hou fees in jou liefdevolle koelte © Anzé Bezuidenhout
Loop van die lewe
Ek dink aan jou hande sag koester dit teen wind en reën ken jy die geraamte hart se harde ween? dis soos die wind in die nag… Die lewe is ‘n fees ‘n fees van saamwees
Lag my ‘n lied
My horison strek oor die somer van jou lyf rimpel-gedagtes sweef heen en weer ek hoor hoe jou stem die wind wegdryf ek maak my oë toe vir nog een laaste keer. Stiltes trillend oor skemer se nood ek is alleen, selfs niks, sonder jou en tog, bring jy die eerste herinneringsbrood met die aanster […]
Hart van ys
Op die breë bors van winter lê ek my kop nou saggies neer; ontasbaar ver en (toe)gesper – klappertand in ‘n kleed van kapok koud, stil – enkel in my eenvoud. Ek ken hierdie hart; die kil klop wat koenig gletsers teen berge kan afsuur net om respek te ontplek of dalk nuwe lewe uit […]
Eens op ‘n tyd
Daar was ‘n dag wat ons vir mekaar kon kyk, Sonder dié verwyt… Voordat jy my gewelddadig, brekend uit jou lewe uit sou smyt… Tog sit ek hier vanaand alleen, en staar na ‘n verblykte foto Ingekerf in ‘n sielsmuur van herinnering, Wat soms nog ongewensd in my hart kom spook Sou ek dan soekend […]
Die Boekklub
In hierdie storie… Sien ons hoe die lewe eintlik kan wees, Klein en eenvoudig. Met eindelose aanvaarding Wat jou verwelkom, sonder vrees Vir die karakters gaan dit selde oor net vlees, Maar om jouself in die blaaie van ‘n boek te kan lees… Almal hier is anders en almal uniek, Almal met ‘n storie wat […]
Sterrehemel
Ek wil in die sterrehemel swem In ‘n wentelbaan verdwyn, Met die son se vonkels speel In die melkweg gaan bly Daar bo is alles ver Daar bo is alles klein Daar bo verlang mens terug, na ‘n wêreld vol van pyn Gaan hul my verlang? Of moet ek dalk maar bly… Hoe lyk dan […]
Fortuna
In die halfsirkels van jou ribbekas wil ek behore heelword, teen die klop van jou hart myself tot rus sus; uitgedos in die (opr)egtheid van jou genaakbaarheid. Is daar vir só geluksaligheid genade? As mens betowerd van genot; tevrede terugsak in jou eie teuels bloed deur jou are voel pomp wind deur jou hare laat […]
Oktober 2017 – Fees projek
Hierdie maand pak ons die snelsonnet aan. In die digterskategorie is die opdrag: Skryf ‘n snelsonnet met die volgende tema: Fees / Dis ‘n fees / Die lewe is ‘n fees. Aangeheg is inligting aangaande die reëls vir ‘n snelsonnet. In die verhale afdeling is die opdrag: Skryf ‘n vonkfiksie (nie meer as 400 woorde) […]
Epitoom
Epitoom Eens wild my hart ongetem uit hom ontplooi beelde waar liefde lyne kon trek om siel en verstand— verby grense se denke en wense te intiem om te verstaan; saam wou ons berge versit. Nou stil my hart getem lewendig dood. © 2017 Caren Kearley Kopiereg voorbehou