Jongste aktiwiteit:

Lag my ‘n lied

My horison strek oor die somer van jou lyf
rimpel-gedagtes sweef heen en weer
ek hoor hoe jou stem die wind wegdryf
ek maak my oë toe vir nog een laaste keer.

Stiltes trillend oor skemer se nood
ek is alleen, selfs niks, sonder jou
en tog, bring jy die eerste herinneringsbrood
met die aanster se wink en die hemel se donkerblou.

Gister was ek ryk, vandag is ek arm
jy was altyd hier met elke seisoen se draai
mimeties kon jy winter se greep verwarm
met jou lag van liefde wat om alles kon swaai.

Verflenterd hang ek nou aan vandag
tot ek jou eendag weer kan hoor lag.

© 2017 Caren Kearley
Kopiereg voorbehou




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed