Hart van ys
Op die breë bors van winter
lê ek my kop nou saggies neer;
ontasbaar ver en (toe)gesper
– klappertand in ‘n kleed van kapok
koud, stil – enkel in my eenvoud.
Ek ken hierdie hart; die
kil klop wat koenig
gletsers teen berge kan afsuur
net om respek te ontplek
of dalk nuwe lewe uit dood te boor.
Ek was ‘n swakkeling
(net soos jy)
nou lê ek sonder sonsirkels
vasgeketting in ‘n komplekse seisoen
waar my oë steeds myne bly en
my woorde wasbleek
om ‘n dimorfiese skepping bloei.
© 2017 Caren Kearley
Kopiereg voorbehou
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.