Die nag
Drie uur in die môre raak jy aan my hart soos maanligstrale wat sag oor bruisende branders streel; ‘n halwe eeu doen jy dit al weergalm melioristies deur my nag asof ‘n ewigheid altyd op ons sal wag. Melkwegwaarts slaan ek my oë soms op, in die diepdonker stort vreemde sterre neer tydloos soos diamante […]
‘n Tyd om genadig te wees
Ek rangskik my witste wolke bo jou blouste, blouste krans en laat weer die tarentale teen Durbanville se heuwels vir jou dans … verby die wingerdstok wat (appelgroen) oor hoë priële vir jou loot, deur boorde waar die bloeisels val om uiteindelik te ontbloot – hoe ek die perske- en amandelbome (vol verwagting) weer hul […]
SMAG EK NA SOMER
SMAG EK NA SOMER vers 1 So smag ek, na al my drome langs die koelste, water strome lank het ek, vir jou gewag lank het ek, na jou gesmag vers 2 So smag ek, na al my drome langs die koelste, water strome onder wilgerbome, vir jou gewag onder wilgerbome, saam gelag Koor: So […]
Asvaal Prinses Deel 1
Die koue is party dae so erg dat Carina binne die vuurherd wil klim vir ‘n bietjie hitte. En somtyds doen sy dit – al beteken dit dat Vivian en haar dogters hul neuse vir haar optrek. Partykeer is dit beter om warm te slaap as om almal gelukkig te maak. Al bly die as […]
Halfhartige poging om te blom
As my lente deur jou winter kon dans sal jy dalk verstaan dat ek in kruispaaie dink en dwaal; soms ook tussen lengte- en/of breedtegrade wat horisontaal en vertikaal om my verval omdat lyne my vebyster en verbang verkies ek om reguit lyne tot ronde sirkels te vervorm; dit dan by kruispaaie te plant want […]
Welriekende geure
Al’s voel net beter wanneer dit lente raak dit is seker die kleure of geure wat die lewe meer draaglik maak Fynreën val sag om my heen dou drup van die blare af mooiste blomme wat in rooi bloei waaruit vreugde groei Van vlinders en sagwees gestrooi ‘n handvol pienk roosblare in die lug gegooi […]
Gert se storie
Gert vind uit sy vrou was ontrou aan hom. Kan hy haar vergewe en aangaan met hul huwelik, of gaan hy wegstap?
ONDERDEUR DIE REëNBOOG
ONDERDEUR DIE REëNBOOG Vers1 Onderdeur die rëenboog in ons drome hand aan Hand, langs die bome stap ons, kaalvoet, op die sagte sand met my liefling styf in my hand Vers2 Onderdeur die rëenboog in ons drome hand aan Hand langs die bome Reenboog gooi, sy verf, bo-oor my lief skryf ek my lief se […]
Skrywersblok
My mees gevreesde vyand is die naakte vel papier wat met woordelose uitdaging tartend na my gluur…
Lente liefde
Ek sal net hier wag wag saam met jou omdat ek net wil kyk en aan jou wil raak want ek is lief vir jou Ek wil vir jou die reӫnboog in my hart gee vir jou wys wat ek alles vir jou kan bied ek wil my arms om jou vou Ek vergryp my […]