Lente se liefdes spel by die see
Diep-blou… lê die see einder vanoggend. Ruisend druis die Ouman met sy magtige waters, beur ge-lei-de-lik vorentoe om skuimend te breek en te bars op die gladde klip van die strand. Lente is min gesteur deur dié Ouman, sy maak haar tuis soos ‘n wulpse vrou hier tussen die welige see plante, hangend oor die […]
Fênsy woorde sonder kappies
Ek wou ook soos jý leestekens oor my woorde lê want jy kon die klem verskuif toonhoogte só aangee. Met ‘n alt 136 het ek toe ge-ê sonder om veel te sê soos ‘n Hadida net vlugloos ge-ê-ê want jy, my kind was vir my die wind wat my vlerke sou laat vlieg oor jou […]
Ek wil lewe
Ek wil lewe – met die seewind in my hare, tone in die sand gewoel Waar spierwit borrelbranders oor goue strande spoel. Ek wil lag soos n kind wat rondomtalie draai Op die vleuels n lentebries die somerreën aanwaai! Dans in die maanlig van n helder somersnag, benee die hemelruim se towerjas waar die melkweg […]
Dwaalligte en die Donkermaan
Die stories gaan almal dieselfde: haar ouers het haar vir ‘n heks se vrugte verruil. Die stories sê almal dat haar ouers meer omgegee het oor vrugte as oor haar. En miskien is dit nie té ver van die waarheid af nie. Emile hou die meisie van sy drome dop waar sy in die maanlig […]
SOMER REEN
SOMER REEN Vers 1 Buite reen dit heerlik reendrippels so begeerlik klink dit op die sinkdak klink die weerlig baie hard Ver 2 Buite reen dit heerlik reendrippels so begeerlik somer lente om tevier die somer is weer hier Koor: Reendrippels was die blomme prag die reendrippels val so sag Tuin vol bloeisels in volle […]
Hierdie kind van Afrika
Waar was ek toe als nog so stikdonker was lank voor die eerste lig’t verskyn, toe U twee klippe kap tot vonk – waar was die kruitvat, waar die lont? Hoe vurig die geboorte van die son. Was ek daar toe U die sterre deur die heelal string, toe U die maan poleer tot edeltin […]
Alles wat jou hart begeer en …
‘n Vliegtuig onder wolwolke, Tafelberg, die son wat sak in amberpienk en rooiframboos skakerings teen die blou geplak – dit bring ek als vir jou. ‘n Blink maan in jou vensterraam ‘n duif wat op jou dwars draad staan ‘n kolgans in die môredou ‘n geelvink wat ‘n grasnes bou – dit weef ek in […]
Paraffien
Een dag in September (baie jare t’rug) was die oggend ook so donker, was daar ook onheil in die lug. Buite het grou wolke oor Brackenfell bly hang. En in my houthuis was dit skemer (en die skemer maak my bang). * Selfs nóú nog – elk grou September – voel ek so, só asof […]
Jou skoene hoort onder my bed
Soggens ontwaak ek – dankbaar vir alles wat ek in jou het Geëerd om te kan wakker word met jou skoene onder my bed.
DIE VYF MILJOEN RAND MOORD SLOTHOOFSTUK
HOOFSTUK 13 Seweuur stap Kas Hennie Aucamp, die senior aanklaer se kantoor in. Albei is ou motorgeesdriftiges en kom al n lang pad saam met ou motors maar ook in die hof. Hennie groet hom en vra: “En waarmee kan ek kaptein Dreyer help vanmore. Moet nie vir my sê dat die Botes saak opgelos […]