Paraffien
Een dag in September
(baie jare t’rug)
was die oggend ook so donker,
was daar ook onheil in die lug.
Buite het grou wolke
oor Brackenfell bly hang.
En in my houthuis was dit skemer
(en die skemer maak my bang).
*
Selfs nóú nog
– elk grou September – voel ek so,
só asof ek na iets verlang.
Soos na die reuk
van paraffien wat brand
maar óók –
na die gloeiende hitte
van jou vlam.
© Carma Shaw
25 September 2017
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Koekekranka
So oneindig dierbaar mooi. Lees ek jou dan val daar maar net die klarigheid oor die ongevinde en ontwykende die skagwerk van my denke toe. (Soms 'n helse rotsstorting) Sê ek maar weer: Jy ruk mens deur di uiting van min woorde wat swanger bly hang... Dankie vir die kon lees!