
L’art poetique
Myself het ek uiteindelik gevind
dis die logos wat my kosmos
aanmekaar bind.
Jubelend kan ek bely:
“Ek is ‘n digter ‘n poëet!
Jihaa! Handré-hie-handré!
Ek
is
vry!”
My woorde waai wapperend in die wind
my muse krul holrug in my bakhand
mak gemaak in my gees se skadukant.
Gooi my letters in jou rooiwyn glas
groei my woorde teen jou siel vas
ek is die hemel weet onverganklik vry
dan’s ek water
dan’s ek vuur.
Oor die verte kan my hart aan joune raak
met kartelkringe deur jou bestaan kraak
so maak my woorde my (dalk vir jou ook) vry.
© Caren Kearley
Kopiereg word voorbehou
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.