ALETTA BOONZAAIER HFSTK 1
HOOFSTUK 1 Hier waar ek in my kantoor sit kan ek voel al die onderhoude voer die oggend om vir my n nuwe ontvangsdame/sekretaresse te kry het my uitgeput en moeg gemaak. Ek is al deur snaakse dames vanoggend maar kan nie werklik een kry wat in my smaak val of die vereiste kwalifikasies het […]
Die onbeantwoorde vraag
Waar spookbeelde skadu’s gooi om die donkermaan ‘n bestaan sonder rede is nie Lig nie is nie Son nie is nie Lewe nie! Die leӫ stilte beweeg stadig alles staan stil, alles verstaar in die hemel is soene al die sandkorrels op die aarde is liefde Vervreem Verhonger Verwaarloos Verdor Watter doel bring die lewe […]
My bastion
in die donker dae toe my asem stom (soos kameelboggels) in my oë gehang het, het jou omgee en stil verstaan soos ‘n Josefskleed om my gevou toe die aasvoëls se aanhoudende gepik my uitmekaar wou skeur en hadidas se stemme my mal wou maak het jy ystermure om my broosheid gebou deur stormwinde wat […]
In kort opgesom
Soos altyd is nog nou vir al die dinge en dan nog lӗ jou glimlag stil in my verlange toegevou Al is ek nou nog net en van al die dinge wat my hier wou hou sing nog net die winterwind …. en nou’t ons net maar nou ‘n gevoel wat geen rus kan vind […]
witwolwense
my witwolwense vir my land my mense vasgevang in ‘n bol gekoekte wol iewers is ‘n begin iewers ‘n einde ‘n tussenin wat ek nie kan vind my witwolwense stoot op in my keel ‘n gekweste duif wat ‘n boodskap bring fladder om-en-om in my mond witwolwense draai vas om my tong verstrengel my denke […]
Stormgenade
eendragtige klomp donker wolke blaas swaar sy wasige asem ongestoord oor die uitgedroogde lande donderstorms grom en brom klink soos geweerskote kwaad en woedend brg-brg brul sy stem krg-krg knal hy verder ligstrale in allerhande rigtings stil slaan sy vingers in die grys lug papnat dakke sing soos die reën kletter ‘n vreugdevolle vreedsame genade […]
Hartmure
vredige veilige veersagmure alles is warm en plesierig troos muur se salige siel liefde is ‘n beskermende arms maar een laat donkernag sit sewejarige seuntjie saam met pa seks op die kassie ‘n traan breek oor muur se gesig kinderlike musiek wals teen mure vrolike getrippel af in die gange gesonde ronde gesiggie is opvreetbaar […]
Onthou
Soos die verlede die hede bepaal bepaal dit ons geheue. Ons denke ons drome, beeldetuin van lewensweë. Waar sou jy gewees het sou jou geheue tot niks vervlou? Wie sou ek gewees het sonder dit wat ek onthou?
ONTPLOFFING VAN VRYHEID
sonder om my letters te kompenseer het jy my sinne soos ‘n epigraafgod moeisaam gemoduleer – reëls in vers gekomponeer strofes gesinkopeer deur ril-resoneer maar, kyk! daar val ‘n veer my pen het met Vryheid gekopuleer en sy rebelse ink oor blaaie g e ë j a k u l e e r
Al wat oorbly
Jy het gemoor….en lewe gegee jy’t vlees gebreek en gees geknak dag vir dag ´n stryd om mens te bly ja, “mens” met foute! in hierdie perfekte land Daar is wilgerbome en donderstorms bo ons hoor ons voëlsange behou die hoop … behou die hoop sleep in deur die nou poort Klippe, rotse bly onversteurd […]