~ Winterkind ~
triesterig windvlaag gryse sproei teen my skene en ek groet die prikkelprins van lente deur lippe wat oopvou onder klamme lus palms reep in bruine teen ‘n armdruk wind en sink die son tot anderkant môre, vandag is uitgeklaar vir miskomberse, kaggelvure en winter se laaste vingerstreep in ‘n byna uitgeloopte jaar om te sluk […]
Amsterdam
Amsterdam Voor ʼn straatkafee in Amsterdam skryf ek vir jou oor tulpe en die ruderalis reuk wat hang fiets klokkies wat lui en die laat winterson maar iewers hier binne my roer ʼn diep verlange na die Kaap die see en die Suid-Oos wat waai ek wens tog dat jy hier was om die naaktheid […]
~ Eie keuse ~
Dag prik venynig teen my vlees toe ek rugkant na gister teen die strand opbeur. Branders lek lui lui die laaste soet van middelnag se hooggety en vertel van skroot en skatte gestrooi teen duineboggels se winddroog middellyf. My voete skryf sleutelwoorde in die klam lei van eb en ek fris myself teen ‘n doelgerigte […]
~ Voetseen trek in die ou dae ~
Pa stop sy pyp en tuur oor die see. ‘n Lag speel in sy baard toe hy begin vertel… ‘n Voetseen was ‘n lang visnet met kurk aan die bokant en lood aan die onderkant en ‘n lang tou aan die voorkant. In die middel is ‘n bak/kom ingeweef as deel van die net – […]
~ Dal Josafat ~
‘n grotesk gepleisterde muur grens tussen gebreide boorde en krultoon krommings van ‘n lila berg – ‘n nimmereindigend stryd wat inspanning verg (sou ek reken) my taal fladder soos laatherfs deur kaal gestroopte eike, versteende lawa blinker oor die vallei – ewig roerend die alfabet binne my (so voorspelbaar) nikotien deurdrenk leun ek deur Afrikana […]
Naloop
nonchalant drentel jy deur my huis en maak jou tuis op die stoepie waar die wind van die see af beur, jy weet so goed soos ek dat ons nie moet nie maar die wag in ons hart is uitgeput die maan skitter in haar afwesigheid maar ek voel die eb en vloed en weier […]
Vir Ewig
Vir ewig o Heer staan u woord vas in die hemele u trou is van geslag tot geslag die aarde het u gevestig en my gevorm volgens u hand lei my o Heer deur die donker land my siel smag na u heil op u woord wag ek getrou u is my skuilplek in nood […]
Die Wêreld Juig
Die Wêreld Juig Die pad was lank en die vlerke van die dood het swaar gehang maar die wêreld juig die gevangenis van die dood is bevry en die hekke van Eden is oopgesluit Hy dra die sleutel van die lewe en dood Hy is Koning ons Majesteit Hoor hoe mooi klink die klokke en […]
INK GEDENKBUNDEL: ALGEMENE NOTA
NEEM KENNIS: INK Skrywers Die projek vir die gedenkbundels is nog in volle swang en volgens bestuur sluit dit eers die 22 ste Januarie 2017. Alhoewel daar ongelooflike inskrywings ontvang is vir oorweging is daar op hierdie stadium veels té min om ‘n kwaliteit bundel saam te stel. Met toestemming van die bestuur bring ek […]
Die rotsvalk se oorwinningsvlug
As jy met jou luimerende musk en sandelwood aroma (wat soos klam dennenaalde en mos in die lug hang) robuust agter my lyf inskuif om in my sagte voue koesterplek te kry, vul ‘n vrede (soos die vlug van swaels na somer kontinente) my hele wese. Vou die akropolis van jou manwees om versteende druk-skeure […]