Jongste aktiwiteit:

INK GEDENKBUNDEL: ALGEMENE NOTA

NEEM KENNIS: INK Skrywers

Die projek vir die gedenkbundels is nog in volle swang en volgens bestuur sluit dit eers die 22 ste Januarie 2017. Alhoewel daar ongelooflike inskrywings ontvang is vir oorweging is daar op hierdie stadium veels té min om ‘n kwaliteit bundel saam te stel.

Met toestemming van die bestuur bring ek graag die volgende onder jul aandag. Daar is besluit om deur die INK webwerf te werk en vorige plasings te oorweeg vir insluiting. Dit kan egter nie gebeur sonder die medewete en toestemming van die betrokke digter/skrywer nie.

Ek vra mooi dat indien jy hoegenaamd NIE deel wil uitmaak van die bundel nie, en dus NIE jou toestemming verleen aan insluiting nie dat jy hieronder kommentaar sal lewer. Indien jy wil deelneem en ons van jou werk wil insluit kan jy gerus ook ‘n nota hieronder laat.

Nuwe lede is ook welkom om ‘n bydrae te lewer vir die gedenkbundel.

Indien jy nie op die openbare forum jou mening wil lig nie is jy baie welkom om ‘n private boodskap na my te stuur.

Die voorblad en naam van die bundel is nog nie gefinaliseer nie, maar sodra dit gedoen is sal die bestuur die plaas sodat almal kan sien hoe die omslagontwerp daaruit sal sien.

Hoop om vinnig van almal te hoor.

Woordgroete
INK Moderator.




4 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed