Die Wêreld Juig
Die Wêreld Juig
Die pad was lank
en die vlerke
van die dood
het swaar gehang
maar die wêreld juig
die gevangenis
van die dood
is bevry en
die hekke van
Eden is
oopgesluit
Hy dra die sleutel van
die lewe en dood
Hy is Koning
ons Majesteit
Hoor hoe mooi
klink die klokke
en die klanke
van simbale wat lei
na ʼn skone môre
en weerklank
teen hemel-hange
na waar
Jesus verrys
en agter gelaat
ʼn leë graf
Die wêreld juig
dit is Paasfees tyd
Jesus het opgestaan
ons is van die sondelas bevry
©MarietaCalitz[LadySoul]
4 Kommentare
-

Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die INK gedenkbundel projek
-

Palet
Baie mooi, sielvol geskryf
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels
Dit is absoluut pragtig Marieta