Naspel van ‘n vallende ster (Goud)
in ‘n finale vlietende spel skiet ‘n sterwende ster verby; deur die melkweg tersyde gestel veg hy teen die nag se ebgety tanend onder die mag van aardse swaartekrag wyl hy hygend deur die nanag dwaal voor hy prag en praal ‘n laaste maal sy liggloed inderhaas aanvuur om ‘n laaste vonkelgroet die heelal in […]
Waterlyn #brons
Waterlyn Op die donker blou waterlyn het die groot grys gevaarte verskyn ‘n strepie op die horison se rand vasgeplak aan die aardbol se wand. In die donker dieptes van die see lê vergete skepe se gebroke weë. Kontrasterend in die helder blou lug sweef sagte spierwit donsies op vlug daar waar grys met blou […]
Hemel en Aarde
Kort duskant Hermanus draai jy af. Binneland toe. Ry dan met die R320 in Caledon se rigting. Tussen Shaw se pas en Sandbaai, op die oewer van die Onrusrivier, lê hy uitgestrek. Die Hemel en Aarde Vallei. Plek van kontraste. Hier, in die hartjie van die Overberg, is een van die mooiste stukkies aarde wat […]
Woeker met jou deel van die aarde #Brons
Woeker met jou deel van die aarde Uit die stof van die aarde het die Pottebakker lewende water bygevoeg om klei te vorm. Sorgvuldig en geduldig die klei gebrei tot volmaaktheid. Hy het ‘n beeld gemaak net soos Hy en Sy asem in hom in geblaas. Hy het gekyk daarna en gesê dit is goed. […]
Dankbaar vir ons firmament
Brons afdeling Vandag dankbaar oor ons firmament met natuurskoon en sy atmosfeer bewoonde grondgebied permanent samewerking vir beter hemisfeer ons Noordhemel wat lewe bied saam voortleef in ons lied deel van die heelal ver van planete menigmal geskep deur Die Skepper met lig en donker dankbaar vir ons tuisland gemaak […]
Besoedelde mag
Besoedelde mag Brons afdeling Hoor jy die magtige dreuning weerlig wat hard aankondig ons dank God vir ondersteuning die riviere praat mondig mens se bestaan en toekoms duister het ons na Goddelike opdrag geluister? son met volle mag warm krag wat voort stoom natuurskoon mooi met volle prag natuur wat met besoedeling […]
Herskepping
Ek verlang na die dae toe die nagte skoon was toe die misterie van die donker my betower het toe die helder sterreruim so naby was dat ek my kinderdrome aan sy donkermaankoepel kon hang voordat miljoene neonligte sy geheime verklap het en ons waar die engele huiwer getrap het Is die wonderblou planeet net […]
Kikimo sing
My geliefste, as jy maar net hier was; ek sien jou in donker praal wanneer aarde in sy vrugbaarheid, bome laat bot en velde blom. Hoor my treursang-geliefste, my trane wat in watervalle neurdal. Seisoene soos herinneringe, wind wat deur gralsande sy einde nooit vind; dag en nag se omwenteling- ‘n verskiete-stêr en jy… My […]
Gradeboog van genot
Bron’s afdeling Leonie jansen van Rensburg Gradeboog van genot Met vaardige vingers het die Groot Argitek my sag gedruk – reg op die plek waar jy oorvloedig sal kan leef en nie gloeiend sal brand, of vriesend sal beef. Jou gradeboog van genot wil my ál dwing in vreemde wentelbane in… Koorsagtig prewel […]
Ma
Brons afd Leonie jansen van Rensburg MA Jy en ek dwaal in selfgeskepte wentelbane en aparte sonnestelsels. Tog deel ons één geenpoel en noem één aarde “ma”. “Versoen” drup bloedbevlek oor verskroeide grond en ruk die Liefde uit ons mond. Sal ons wentelbane óóit ontmoet In heugelike samesmelt? Of hang die ligjare tussen ons soekend na […]