EK EN JY
EK EN JY Ek en jy kan nie ons ouers kies miskien had hul mekaar rêrig lief dalk was dit net ’n ou foutjie en siedaar, daar skreeu die outjie! Of mskien ’n woeste verkragting onwelkom maak jy jou opwagting! So begin ons die lewensweë ons is hier…sê die eerste skree… is jy […]
November 2024 – OOP projek
Beste INKers Met nog net `n hanetreetjie wat voorlê, val ons binnekort oor die stert van hierdie 2024 hond. Ervarings van wat die jaar ingehou het is vir seker nie universeel nie, maar die vooruitsig dat die einde naby is, maak die laaste strek effe meer verteerbaar. Hierdie maand is daar geen voorskrifte wat die […]
Vakansie.
Daar is iets magies aan die gevoel om te vertrek, veral as jy lanklaas weggebreek het uit jou gewone roetine. Dié keer was die bestemming die Kaap – daardie streek van Suid-Afrika wat bekend is vir sy diverse natuur, besienswaardighede en ongelooflike kos. Vakansie is nie net ’n tyd om te rus nie, maar ook […]
Epikuris: Die kuns van plesier en balans.
Epikuris: Die kuns van plesier en balans. Is dit verkeerd om plesier bo alles te waardeer? In ’n wêreld waar prestasie en produktiwiteit dikwels as die hoogste doel beskou word, is dit ’n vraag wat my gereeld laat nadink. Ek onthou ’n eenvoudige, maar betekenisvolle oomblik – ’n ete waar elke happie soos ’n stukkie […]
Oorlog (Goud)
Oorlog(Italiaanse sonnet) Eens ‘n blote atlasland met weer en wind, waar siele nog in saligheid verkeer. So sonder innerbang en sonder seer, waar vrede nog ‘n middelpunt kon vind. Die skemers was met mosterdgeel getint; die lewe was met liefde ingekleur, waar kinders nog van mooimaakdinge leer en glo nog met genade kon verbind. […]
Droomvanger (SILWER)
Droomvanger ‘n Droomvanger hang, in die stil naglig, so dromerig soos wind se fluistering, deur maanstof vasgevang, ’n buitekring, met krale en vere, ’n mooi gedig. In donker hang hy daar, ’n skadu sig, sy sirkel van hoop, wat deur probleem dring, drome hang soos visse in stille kring, beskerm teen nagmerries, klaar opgerig. Wanneer […]
Tjienkerintjee (SILWER)
Tjienkerintjee In tjienkerintjiese klank lê vreugde stil, So speels en lig soos wind wat blare dra, ‘n Flikkerende woord wat my laat lag of kla, Met elke tongval wil dit my laat ril! Dis meer as klank, dit is ‘n darteldans soos voëls wat vlugtig oor die seesand gly, dit dra die kindwees in die […]
stofpad – (Brons)
stofpad – (Brons) ek wil sito-sito stofpadslenter tot dwarrelverlang in en om my wyk waar klapperbos’n aalwyn hemelwaarts reik passievol pedanterie stil kenter op bokspoorpaadjies doelgerig flenter waar botterblom en vygie volkleur pryk kopkonflik kwyn en tyd vredig aanstryk word kosmosdenker intelligenter sodat ek innerlike vrede vind waar sonsondergange my siel omvou sterre […]
kringsmart – (Brons)
kringsmart – (Brons) met skugter oë pleit geboë lyf terwyl manslyf meedoënloos ruk plesier in cul-de-sac vir hom geluk en krete splete haar onthou invryf ’n vleeslik’ pendulum deur lis gedryf verguis verkrag geluk in slik gedruk en lewe in swye dra sy die juk van jare rein beskore … al was’t slegs vyf […]
genade (Goud)
elke dag se genade lê geskoot tussen daeraad en skem’ring dit loop oor in die nag se omarming draal heilig en van pretensie ontbloot die wonder daarvan is té groot om te begryp of te besing dit bring ned’rige verwondering dit is vryspraak van sieledood tydlose seisoene tree klokslag aan om die ritme van […]