September 2024 – OOP projek – Kommentaar en uitslae
Baie geluk aan hierdie 11 lede! WENNERS GEDIGTE BRONS: 1ste -NO. 26 Ricco met Ek wens jou nader 2de -NO.24 Ricco met Twee pole 3de -NO.36 Cobus Kruger met Monochroom SILWER: 1ste -NO. 35 Hester Steenkamp met Vir altyd 2de -NO. 34 Hester Steenkamp met Lentekleure 3de -NO. 39 Cornien Naude met Gitsroep na […]
Mos (1241 woorde )
Mos, is mos mos, né? Hoekom? sommer. Daar is verskeie woorde in hierdie taal, wat ons self ontwikkel het, wat absoluut geen betekenis het nie, maar wat ons mildelik in ons daaglikse omgangstaal gebruik. My eie geliefkoosde, oorbodige en sinnelose woord is mos. Hoe verduidelik ‘n mens die woord mos vir iemand wat nie […]
Bloedspoor deur die ongekarteerde (5685 woorde) – Brons
Bloedspoor deur die ongekarteerde (5685 woorde) – (Brons) Die strandjie is net ver genoeg van die hotel af om afgesonderd te wees. Surea se sonbruin vel steek aanloklik af teen die spierwit bikini op die bloedrooi handdoek. Sy lê met haar volmaakte liggaam behaaglik uitgestrek op haar rug, haar oë verskuil agter ’n sonbril. […]
Kleinteater (Goud)
Oor jou sandverhogie langs die vlei gaan die middagson sy trae gang, ‘n voetpad kronkel teen die hang waar rondvet beeste vredig wei. Uit ‘n politoerblikramkie tokkel jy ‘n wysie wat my laat verlang na kindwees se stoftrap en sang en onskuld lankal reeds verby, maar jou danspassies het my ontgaan op my reise na […]
Hups
(Woordtelling: 970) Lank gelede, pas getroud en heerlik verlief, word ek oorgeskuif na ʼn ander afdeling in ons plaaslike stadsraad. Hier moet ek nou die kantoor met ses ander dames deel, sowel as die toesighoudende oujongnooi wat ons uit haar glas kantoortjie soos ʼn wafferse valk dophou. Dit was ʼn verligting om weg te […]
vuurvonke (silwer)
vuurvonke die wind het vuur oor velde aangejaag en vonke tussen sterre in geskiet oranje vlamme vol van sielsverdriet het skroeiend onverwags net opgedaag die klap en kraak ’n bittere geklaag en ademloos die boer se jammerlied wat droewig kreun deur wolbos en bokwiet en mens en dier se hoop meteens vervaag ’n nuwe dag […]
Genade (brons)
maak nie saak wat jy doen, Genade word geskenk aan jou, selfs al dwaal jy af en jou geloof vou selfs al verdwaal jy in jaloesie se groen sal God sorg dat julle versoen een ding is seker, Sy Genade is getrou selfs in die donkerte van rou selfs al probeer jy jou sonde verbloem […]
Rieldans Goud
in heimwee se hartklop waar die diepste geheime skuil saam met ’n winterwind huil en op soetseer melodieë galop met ’n moedswillige opskop waar die maan stilweg pruil oor die roep van ’n eensame uil wat trillend beur deur sy krop sterre verskiet in ’n ritmiese dans op ’n malse na-nag-simfonie gee aan heimwee […]
Anna Goud
Anna haar oë het haar Anna-mens verraai agter lagsluiers het diepseer geskuil alleen na-nag saam met die wind gehuil soveel keer om en om gedraai en verraai tot vroeg oggend môre se hanekraai sou sy so graag haar lot wou verruil haar hart deur skerpuntdorings gemuil Here! Bring vir haar ‘n ommeswaai op haar knieë […]
poësie (Goud)
laat my ontvlug na my eie hartsplek waar God se kwistige kwas my siel laat ontwaak om my woorde werklik te laat mooi maak om my pen te laat leeg loop in poëtiese bestek laat my aansit om sonder woordgebrek my wese te ledig en verse te bemaak aan húlle wat dors om die dieper […]