Jongste aktiwiteit:

Rieldans Goud

 

in heimwee se hartklop
waar die diepste geheime skuil
saam met ’n winterwind huil
en op soetseer melodieë galop
met ’n moedswillige opskop
waar die maan stilweg pruil
oor die roep van ’n eensame uil
wat trillend beur deur sy krop

sterre verskiet in ’n ritmiese dans
op ’n malse na-nag-simfonie
gee aan heimwee ’n nuwe kans
uit hierdie wêreldse kakofonie
om weg te breek uit die donker lans
reikhalsend vasklou aan ’n suiwer harmonie

©Amanda de Meillon

Neologisme:
*na-nag-simfonie




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed