Jongste aktiwiteit:

nederigheid

 

Wees liewers nederig en lewe met wysheid.”

 

wysheid en nederigheid is getroud

om wysheid te bekom moet jy nederigheid leef

nederig moet die een die ander hoër ag as homself

hoogmoed en te veel trots maak homself ‘n meester

‘n meester wat reeds alles beter weet as ander

 

nederigheid kom nie natuurlik vir elkeen nie

binne ons kultuur is selfbemagtiging hoog aangeskryf

ons hou van mense wat hulself kan handhaaf en wen

daarteenoor word nederigheid as onsekerheid gesien

geassosiër as passiwiteit, onderdanigheid en swakheid

 

hoe reageer jy op mense wat jou verkleineer

probeer hom net so seer maak as wat jy gekry het

trotse mense voel bedreig naby nederige mense

hul voel klein in nederige mense se skaduwee

sien die krag van nederigheid as bedreiging

 

hier op aarde is jy bevang met selfsug

hier probeer almal hoogste sport bereik

meeste geld en goedere te versamel

om aansien en gemak te bekom

om beste te kry wat lewe bied

 

eendag sal jy besef dat sukses en mooiheid

van tydelike aard, en nie altyd beeldskoon is nie

dan sal jy redding soek, redding van jou eie selfsug

sal jy dit vind waarna jy soek, wat in jou ontbreek

nederigheid is die sleutel tot vrede in jou hart

 

 

Ó Tearlach.

 

nederigheid –  Ingesteldheid waar ‘n mens nie dink jy is beter as ander nie. Om nederig te wees, is nie om minder van jouself te dink nie, maar om minder aan jouself te dink.

 

 




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed