Geankerde erfenis #silwer
Ek het al op plekke gestaan waar die groen lande wyd voor my oop lê. Daar waar die aarde wys dat lank voor my, al diep spore oor hierdie vlaktes en berge getrap is. Tussen die heuwels en hemel het ek verstaan: om deel van ’n plek te wees is nie iets wat ek gekies […]
Waar dit nog in ons leef
Ja, vandag is dit die 6de April, ek sit hier en ek dink met heimwee terug aan hoe ons dit vroeër gevier het. Daar was ’n tyd toe Van Riebeeckdag nog gevier is! Die dag het ook as Stigtingsdag bekend gestaan. Destyds het die dag nog sy plek op die kalender gehad. In die era […]
“… laat die erwe van ons vaad’re vir ons kinders erwe bly.”
Toe ek nog ’n kind was het ek baie vakansies by my oupa op sy plaas deurgebring. Oupa het baie gesegdes gehad, maar die een gesegde wat my altyd sal bybly is: “Pietman … Seun, jy moet altyd ’n ware en opregte patriot vir jou land wees. Dan het hy verder gesê, terwyl hy opgekyk […]
Maart 2026 – Herfs/Kas projek – Komentaar en uitslae
WENNERS Baie geluk aan hierdie 11 lede! BRONS: (1) NO 7 Pierce van Tonder met My wasgoedpennetjie-dae (2) NO 5 Hennie du Toit met Die nuwe begin (3) NO 3 IronLady met Orde SILWER: (1) NO 13 Retha van Deventer met Maak my oop (2) NO 14 Retha van Deventer met Grabbelaar (3) NO 20 […]
April 2026 – Patriotisme projek
Beste INKers Op 6 April het die Afrikaner tradisioneel Van Riebeeck-dag (Stigtingsdag) gevier, wat intussen amptelik gesneuwel het ter wille van demokrasie. Dit erodeer egter nie ons geleefde geskiedenis nie, en daarom sal hierdie belangrike datum ons oorhoofse projektema vir April wees. Die tema is dus: Patriotisme. Om jou eie te vier onder die […]
Almal het ’n bêre-kas
Herfs begin vir my nie buite by die blare nie, maar voor ’n oop kasdeur. Dis gewoonlik dan dat ek my klere begin herrangskik, die somergoed eenkant toe skuif en kyk wat nog saam met my die volgende seisoen in moet gaan. Op die oog af is dit ’n eenvoudige taak. ’n Mens haal uit, […]
Stille Herskikking
Stille Herskikking Agter die deur wat effens skeef hang, leef daar meer as net klere. Dis ’n plek waar tyd vou en herinneringe soos stof op skouers lê, onsigbaar totdat jy dit raakvee. Ek staan vir ’n oomblik stil voor ek oopmaak, asof die hout self iets van my verwag: eerlikheid, miskien. Of moed. Wanneer […]
In die reuk van motbolle
Op oupa Koos se plot was daar een kas waaraan niemand sommer geraak het nie. Hy het nie in die voorhuis gestaan waar almal hom kon sien nie. Nee. Sy plek was agter in ’n skemer hoek van die huis. Gewone kaste hou klere en linnegoed. Maar om party kaste kom daar mettertyd ’n heilige […]
Die essensie van sleurtake (618 Woorde)
Ek het ‘n paar jaar gelede op ‘n video afgekom wat handel oor die belangrikheid daarvan om jou bed elke oggend, sonder uitsondering, op te maak. Ene Admiraal William H.McRaven van Amerika was aan die woord en hy het ‘n hele paar voordele van bed opmaak voor die dag begin, met selfvertroue en gesag voorgehou. […]
Tussen leeg en vol #silwer
Tussen leeg en vol Soos die Prediker sou sê: daar is ‘n tyd om bymekaar te maak en ‘n tyd om uit te gooi; ‘n tyd om uit te deel of saam te vat. ‘n Tyd wanneer die leegmaak van kaste ‘n vreemde vryheid bring. Soos die herfsblare jaar na jaar val en die grond […]