Die sondes van die vaders
Die sondes van die vaders In die veld kan jy maklik sien waar iemand voor jou geloop het. ’n Paadjie vorm vanself waar voete oor jare op dieselfde plekke trap. Die gras raak eers yler, en verdwyn dan heeltemal. Die grond word hard. Lank nadat die mense weg is, bly die voetpaadjie nog sigbaar. Families […]
‘n Gevlerkte lewensles #silwer
‘n Gevlerkte lewensles Dis ‘n heerlike sonskyndag in Mieliemuur. Die sonnetjie kom lê sy spore op die sitkamermat. Die voëls kwetter vrolik in die bome. Ek is seker daar word vergadering gehou tussen die takke oor die somer wat hier is. Daar is ‘n getwiet-twiet dié kant en dan weer gekirrr-kirrr daai kant. In die […]
APRIL 2026 – PATRIOTISME PROJEK – KOMMENTAAR EN UITSLAE
Wenners Baie geluk aan hierdie 10 lede! Brons (1) NO 23 Audrey Bierman met Wingerdstok taal (2) NO 7 Juanri met Trots Zuid Afrikaans (3) NO 9 Johan Jansen van Rensburg met Suid Afrika my hart Silwer (1) NO 18 Nicola Brown met Onder dieselfde son (2) NO 16 Retha van Deventer met Heimat van […]
Musiek as lewensbloed #silwer
Musiek as lewensbloed Met musiek in ons ore voer verlange ons ver terug. In die bed in Anderkantland, luister ons na Vat Vyf op RSG. Lindenkoor sing en ons harte brand. My gedagtes lei my na Menlopark se meisieskoor met tannie Bonnie Osterhoff wat ‘n klavier kon kielie tot hy uit sy maag lag. Ek […]
Waar blomme groei #brons
Waar blomme groei Hier in die voorhuis in anderkantland, vasgevang in ‘n raamwerk op wiele, blaai ek deur my mobiele metgesel se magdom van sinvolle en onsinvolle praatjies. Ek kom af op ‘n bekende stem uit my hartland, my moederland. ‘n Stem wat week na week vir baie jare ‘n plekkie gevind het in ons […]
Alleen
BRONS Vir Sarel het die Donderdag soos enige ander weeksdag begin. Vyfuur opgestaan, gestort, ketel gekook en toe die gesin se wakkermaak. En dit, soos gewoonlik, nie sonder sy kwota probleme nie. Jannie kry te koud en wil nog slaap. Sarel pluk hom orent en met dreigemente begin Jannie mompelend beweeg. Sarie moet nog haar […]
MEI 2026 – OOP PROJEK
Beste INKers Na julle in April met ‘n “swaar” tema gekonfronteer is, bring Mei verligting. Hierdie maand is daar GEEN voorskrifte en reëls om aan die projek deel te neem nie. In welke genre jy deelneem, is jy ongebonde aan voorskriftelikheid. Dit skep die geleentheid vir jou om dit wat reeds lank geoormerk is vir […]
Die taal van my hart
Die taal van my hart Daar is ’n sekere soort stilte wat oor ’n mens kom wanneer jy nie jou eie taal kan praat nie. Dis nie ’n gemoedelike stilte nie, maar een van versigtigheid. En onsekerheid. Jy weeg jou woorde en soek paniekerig na vertalings. En dan verloor jy iets – ’n bedoeling, ’n […]
Stille lag in Kolmanskop se strate
Stille lag in Kolmanskop se strate Deur: Ryno du Plessis Sandverwaaide geboue staan in eens sout strate. Dood lê voor my oë gesaai. Waar daar eens lawaai was. Ek stap nader, die res van die groep vergader. Ek stap deur eens ’n slaghuis. Ek hoor die gewerk en die oom met ’n groot pens: “Hoe […]
Repatriasie Kadot
Brons Repatriasie kadot Spyt kom te laat. Ouer gardes beweer dat ‘n mens eers besef wát jy gehad het wanneer jy dit nie meer het nie. Soos braai op ‘n Saterdag aand. Mense oorkant die blou water bráái net nie! Die bekende reuk wat diep in jou klere intrek wanneer daar om die kole […]