Julle 2026 DIS NOG NIKS… LAAT EK JOU VERTEL projek
Beste INKers, Hierdie maand gaan ons ‘n semi-oop projek aanpak. By semi-oop bedoel ek, daar gaan geen voorskrifte wees vir konstruksie nie, maar ons gaan ‘n tema behandel. Die tema is: “Laat ek jou vertel …” Ek glimlag altyd as daar iets in ons lewens gebeur en ons die anekdote wil oorvertel, dan is sommige […]
Noenieput – Goud 411 woorde
Noenieput Ongeveer 14 km oos van die Suid Afrikaanse grens met Namibië, in die Kalahari-woestyn, is daar ‘n klein dorpie met die naam Noenieput. Die naam “Noenieput” het sy ontstaan as gevolg van ‘n put wat naby ‘n Noenie-boom gegrawe is. Lewies Engels en Piet van der Westhuizen het in die 1900s die plaas Diamantputs […]
Die lewe op Mosbos Goud 377 woorde
Liewe dagboek. Vandag is dag 5 van ons nuwe lewe. Klawerbos is nou net ‘n ashoop. Ons moes vlug. Skielik. Oornag. Mamma het al ons klere in ‘n streepsak geprop terwyl pappa die belangrikste meubelstukke op oom Koos se ou sleepblaar moes laai. Die stropers het oornag verskyn. Groot geel gevaartes wat dreigend neffens die […]
Hardapstreek
Hardapstreek Daar is plekke wat jou aandag trek met groen valleie, watervalle en berge wat aan die hemel raak met indrukwekkende blou pieke. Dis nie die geval met die Hardap-streek in Namibië nie. Hierdie is ’n plek wat lojaliteit vereis met sy plato’s, droë rivierlope, stofpaaie en die wind wat al eeue lank oor verlate […]
Tsau //Khaeb – waar sagte sand die laaste sê het
Streke dra hul name soos geheime wat eers met tyd oopvou. Party name klink eenvoudig, maar as jy lank genoeg luister, begin hulle fluister van geskiedenis, landskap en mense wat lankal verdwyn het. So is dit met Tsau //Khaeb, ’n wêreld wat halfpad tussen stilte en herinnering leef. Langs Namibië se suidwestelike kus lê ’n […]
MEI 2026 – OOP PROJEK – Kommentaar en uitslae
Wenners Baie geluk aan hierdie 6 lede! GEDIGTE BRONS: (1) No 12 Johan Jansen van Rensburg MET Die stoep (2) No 16 Juanri Jansen van Rensburg MET Vir Pa (3) Geen SILWER: (1) No 17 Nicola Brown MET Kardiomiopatie (2) No 10 Awona MET Graf met sellose asem (2) Geen GOUD: (1) No 22 Marlene […]
JUNIE 2026 – STREEK/OMGEWING PROJEK
Beste INKers Ek persoonlik dink dat onderwerpe oor die winter nou reeds al oorskryf, herskryf en deurgeskryf is, en dat geen Afrikaans-goedgesinde verder water uit daardie klip wil tap nie. Alhoewel ons dáárdie seisoen nou kouvoetlik binneloop, wil en gaan ons dit nie weer of verder verken nie. Ek lees onlangs ‘n heerlike artikel oor […]
Die huis met goue vensters
Daar kom soms ’n tyd wanneer ’n mens moet trek. Dan kyk jy met ander oë na huise. Dit lyk of daar altyd iewers ’n huis met goue vensters is. Vir party mense staan daardie spesifieke huis in ’n ander buurt, soms staan dit oorkant ’n vallei. Vir ander staan dit op Facebook, agter ’n […]
INK DIG- EN SKRYFKOMPETISIE 2026 – 1 Februarie 2026 – 31 Mei 2026
INK SKRYF IN AFRIKAANS DIG- EN SKRYFKOMPETISIE 2026 – 1 Februarie 2026 – 31 Mei 2026 2026 – KOM VIER INK SE ELF-JARIGE BESTAAN! Kom gee vlerke aan jou woorde en gedagtes!!! Ink Skryf in Afrikaans (www.ink.org.za) bied vanjaar weer ‘n dig- en skryfkompetisie aan waarvan die beste gedigte en kortverhale in 3 […]
Glimlag, jy kry nou hulp
“…moet jou linkerhand nie weet wat jou regterhand doen nie…”Matteus 6:3-4 Daar is ’n sekere soort glimlag wat mens nie in familiealbums kry nie. Dit is nie die glimlag van verjaarsdae, vakansies of ’n kind wat sy eerste tand vir die tandmuis gegee het nie. Dit is die glimlag van iemand wat ’n brood of […]