LAAT EK JOU VERTEL
Laat ek jou vertel… Moenie alles glo wat mense vir jou vertel nie. Hulle sal sê die gelukkigste mense lag die hardste. Dat tyd alle wonde genees. Dat geld nie geluk koop nie. Dat “alles gebeur met ‘n rede”. Hulle sê baie dinge. En ons knik, want dit klink makliker as om vrae te vra. […]
Die lus van my oer-dier
Lus is ‘n liederlike ding. Jy kan hom nie beheer nie. Hy kom wanneer hy wil, soos ‘n dominee wat net weet van huisbesoek om die dag dat jou hare vuil is, die kinders moeilik is en jy lus het om die kat te skop, of die emmer. Lus laat hom ook nie voorskryf […]
‘n Boer in beton
’n Boer in beton Daar is etlike debatte wat gereeld die rondte doen, soos byvoorbeeld die een oor wie eerste was – die hoender of die eier, of die een oor sjokolade en vanilla. Dan is daar die een wat my die meeste fassineer: die een oor wie die beste bestuurders is. Mans of vrouens? […]
Die ‘gestripte’ moer Goud 717 woorde (Taal waarskuwing)
Bemoerd sê jy? Laat ek jou vertel wat is bemoerd verby! Dis hoe ek voel. BEMOERD VERBY! Skuus vir die frans maar daar is nou net nie een woord sterk genoeg om my gevoel te beskryf nie, of daar is wel, maar so befoeterd is ek darm nog nie. Ek gaan wel binnekort wees […]
Nee, vertel jy maar… (702 Woorde)
My oom Albert was ‘n storieverteller van formaat. Hy kon enige gebeurtenis binne én buite die familie, met gesag in enigiets van ‘n staaltjie tot ‘n kleurryke vertelling omtower. Sinsnedes soos “dáárvan kan jy my niks vertel nie!”, “wag tot jy hiérdie storie hoor!” en “dis nog niks, laat ék jou vertel!” het altyd luidkeels […]
Pannekoek kan mos nie flop nie? (1093 woorde)
Ek moes onlangs my lag ophou toe ’n kollega kla oor ’n basaar waar die pannekoekdeeg kwansuis “te vloeibaar” was. Dit het my gedagtes onmiddellik teruggeflits na 1991, want as jy nie self gesien het hoe ’n rou pannekoek as ’n taktiese wapen gebruik word nie, het jy nog niks beleef nie. As jy vandag […]
Te kosbaar om klaar te vertel
“Onthou julle die dag toe Oupa Niklaas moes opstaan om oor sy sny brood te kon sien?” Nog voordat iemand die storie behoorlik kon vertel, val ’n stem aan die oorkant van die tafel in: “Dis nog niks. Laat ek jou vertel van Ouma Lilly op Kaiingbulte …” So het dit altyd […]
JUNIE 2026 – STREEK/OMGEWING PROJEK – Kommentaar en uitslae
Baie geluk aan hierdie 11 lede! WENNERS: GEDIGTE: BRONS: (1) No 4 Pierce van Tonder met Houtbaai se anne’kiint (2) No 9 Martha Maria Jones met Buitelyne van grond (3) No 15 Anja Nel met Die vallei van verlore vee SILWER: (1) No 12 Nicola Brown met Tsitsikamma (2) No 3 Charles Skeen met Bergrant […]
Die gekreukelde klere en die droë rangskikking
In ’n predikant se loopbaan kry hy sekerlik met baie komiese insidente te doen, en soms ongemaklike situasies waarin jy jou waardigheid moet behou. Met my as deeltydse aflos-predikant was dit ook nie anders nie. Ek het op ’n stadium gereeld diens gedoen by ’n Ouetehuis op ’n dorpie in Noordwes. Een oggend na die […]
Die Groot Vis-en-Mayonnaise-Oorlog van 1987 (807 woorde)
Dit het alles begin toe iemand onlangs skaamteloos kla oor hulle kind se skoolkonsert wat kwansuis ’n “flop” was. Ek moes dadelik binnensmonds lag. Hulle weet duidelik nie wat ’n skoolkonsert-katastrofe is nie. My gedagtes het onmiddellik teruggeflits na 1987, toe ek ’n onskuldige Graad 1-meisie in die B-klas was. In daardie dae was daar […]