Jongste aktiwiteit:

khun mee khaa (คุณมีค่า)

jy was die oseaan oor my strand
jou golwe het na my toe gekom
soos ‘n belofte in die vroeë oggend
jou gety en my hart ritmies-een in beweging 

maar jou diepte het gewissel
ongesiens ‘n malende troebel kolk
ek het bly roep, my hand bly uitsteek
maar hoe keer mens ‘n storm wat binnetoe draai? 

jy het verdwyn
soos water deur my vingers
‘n donker skaduwee onder die oppervlak,
wat ek nie meer kon volg nie

en ek staan, voete in die water,
arms oop,  
maar jy het alreeds weggebreek
in die vergetelheid van die storm

@Martha Maria Jones



2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed