khun mee khaa (คุณมีค่า)
jy was die oseaan oor my strand jou golwe het na my toe gekom soos ‘n belofte in die vroeë oggend jou gety en my hart ritmies-een in beweging maar jou diepte het gewissel ongesiens ‘n malende troebel kolk ek het bly roep, my hand bly uitsteek maar hoe keer mens ‘n storm wat binnetoe draai? jy het verdwyn soos water deur my vingers ‘n donker skaduwee onder die oppervlak, wat ek nie meer kon volg nie en ek staan, voete in die water, arms oop, maar jy het alreeds weggebreek in die vergetelheid van die storm @Martha Maria Jones
2 Kommentare
-

Vera Booysen
Pragtige gedig 👍👏👏👏
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae vir Februarie 2025 – Water projek