Kind
Ek wou vir jou ‘n kamer inrig
aan die sonkant van die huis,
waar God se duiwe koer
as die wind stil raak
maar in die opelugteater
– van die onsienlike –
het ‘n dobbelsteen verkeerd geval,
met laaste lig het jou hart ophou klop
en die Bloureën blom my kind
ek wens jy was hier,
die wind is stil –
die duiwe koer nie meer nie.
© Ernst Fernando dos Santos
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Ernst
Enige voorstelle/krit IM?