haarlemensis
griep en piep is eeue oud
wêreld wyd het daar al gesneuwel
miljoene aan die swartgriep tyd
mense eet nie meer rou kos uit die tuin
alles is vandag bestraal en verfyn
geen wonder griep en verkoue virusse
vier hoogtyd in byna elke neus en long
hoendergroep – varkgriep – mensgriep
wat jy dit ookal noem – dit is piep-griep
laat jou slegvoel – slap en pap – daarna
eet dit dood – suip dit dood – slaap dit uit
dood moet die virusse dood voor dit verkas
wens niemand die ver-dom-makende siekte
gaan weg – tas liewer ons vyande aan
geduld was nog selde my forté
tot op my duin sit ek en borrels brei
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.