Jongste aktiwiteit:

Knielend

knielend

ek stuur vir jou die berggansveer, mits dese wil ek vir jou sê, hoe diep my liefde vir jou lê – Boerneef

as ek Boerneef se berggansveer
en Ingrid se pouveer,
bakhand, knielend
voor jou voete plaas…
sal jy vooroor buig,
my voorhoof kus,
terwyl jou hande my gesig omring…
en my vertel
van jou liefde
vir vere en boodskappers…
en vir my…
©Anton Kilian




6 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Sanette het n geregistreerde lid geword

  • Rosalee het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Awona het ‘n nuwe publikasie gemaak