Vier seisoene koester
stuur ‘n Rooiborshoutkapper
sodat sy ritmiese klop
met skerppunt snawel
hartsluike wyd kan sper
jy winkend binne fladder
beeldend weerkaats word
in sy stille pupille
stuur ‘n ge-oliede melodie
met suiwer liefdesnote
op vlerkwieke van wind
dansend duiselig meegesleur
en op maat van die musiek
word eie note terugversend
aan uniek spesifieke beeld
aan my so alombekend
stuur ‘n stewig vleg-tou
vol lowergroen liefdesranke
knus om hartmure toegevou
en telkens as ek daaraan pluk
jou met deernis, smagtend
stadig skelmpies inkatrol
tot snoesig styf teen my lyf
waar ek jou met kosbaar
knope van hart vertrou
ek stuur ‘n seldsam’ orgidee
in wildste geur van jasmyn
en nootgevulde liedjie
om in geheue te berg
so sal jy my hartritme
nou, more en vir altyd
vier seisoene steeds voel
4 Kommentare
-
-
neels
Toe ek die opskrif sien toe weet ek dit kan net Evelyn wees met een van haar pragwerke
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Carin Marais
Werklik pragtig!