KOMMENTAAR, KOMMENTEER, KOMMENTATORS
KOMMENTAAR, KOMMENTEER, KOMMENTATORS
[Na aanleiding van INKMODERATOR se pleidooi om ‘n hulpryke omgang met kommentare by ander lede se werk.
In „‘n ander bestaan, in ‘n woes vorige lewe” het ek volgende gedagtes as brief aan ‘n vriend opgestel. Hierdie rubriekie bevat nog einde-toe ook gedagtes uit die toevoer wat daarop gevolg het. Dus verskyn hier my eie gedagtes saam met ondersteunende (natuurlik!) menings van ander deelnemers aan die gesprek. Perdalks help dit om die bal aan die rol te kry?]
✽
NUT en DOEL van KOMMENTAAR
Beste Maat (of soos jy sê: Mater),
jy sê jou sê en meen iets daarby. Ek lees dit en kry ‘n mening daarvan, dan sê ek my sê en meen iets daarby. Dit wil sê, ek kan byvoorbeeld daarvan hou of nie. Ek sê my mening, dws. ek voer terug en laat jou daarvan weet wat ek dink. Maar eers het ek die ander kommentators se menings gelees, en as ek sien dat my mening alreeds daar verteenwoordig is, laat ek dit so staan soos dit is, vermy dus herhalings. As iets wat ek wil sê alte seer kon maak, skryf ek ,privaat’ sodat dit nie as ‘n openlike belediging aangesien kan word nie.
Ek lees met grootste interesse wat hier op die werf gestrooi word, maar is nie altyd geskik of vaardig genoeg om wat ek wil sê só te skryf soos dit moet wees nie. Dan swyg ek (frustreerd).
Ek skryf om gelees te word (nie net aangekliek te word nie) en hoop dat die mense my goed geniet en dat die kritiek goed sal wees. Also: Kritiek of kommentaar of terugvoer kan positief of negatief wees, maar ook neutraal, en ek het aldrie soorte nodig om te hoor hoe my stuk aanvaar word – om nodige veranderings of verbeterings aan te bring; – om volgende keer beter te skryf. En ek kommenteer met dieselfde doel wat jou werk aangaan.
Groetnis fanToom
Daarop het deelnemers geantwoord; ek gee twee antwoorde weer:
By alle kommentaar, of positief, of negatief, of neutraal mag die humor – nee, MOET die humor daarbywees! Anders kan dit in die ergste geval beledigend wees enersyds; andersyds kan dit soos ‘n lekkery of kruipery voorkom, wat dan in ‘n selfbelediging vir die kommenteerder kan ontaard. (Hierdie kernargument het ek uitgelaat, want dit is eintlik vanselfsprekend – maar veral omdat ek so (humorloos) aan my betoog gefyl het, dat ek die kern van die saak misgesien het. By ‘n knipoogstuk word ‘n knipoogterugvoer in elkgeval verlang of verwag, en onder familie- of bende-lede wens ons dat die gesprekstyl vryer en oper sal wees.)
✽
Mens het kritiek nodig, nie net die heuningkwas nie. Dis nie “spieëltjie spieëltjie aan die wand” nie, want as mens nie die swak plekke in ‘n ontwerp analiseer nie, kan die brug breek as jy dit die minste verwag. . .
✽
Aldus, hoesê? Ons soek brugbouers, mense. Meen ek altans.
Mos.
Nè?
©23e.Oktober2018……………….. .✽.(Toom @ 2012-12-27 18:48:20).tje
4 Kommentare
-
Inkmoderator
Dankie Toom. IM
-
Ano
Mmmmm ja. Hallo Toom :-)))) Ons het werklik baie lanklaas gesels! Ek is ook daaraan skuldig. Het so bietjie stoom verloor na Woes - of was ons net goed bederf? Dalk spruit dit ook uit die feit dat ons elke dag 'n e-pos ontvang het waar jy net kon click en lees, en die skryfgoed was in kategoriee ingedeel, wat die sif daarvan makliker gemaak het. Ek kan mos nou nie jok en vertel ek is bv. vreeslik lief vir lirieke en dan wil weghol indien ek deur so 'n stukkie moet swoeg nie? Meestal, veral wanneer die lewe en werk jou ure kortgeknip hou, vergeet ek heeltemal te maklik van skryf - en LEES! Maar ek belowe om te probeer onthou van my skryf-maters en om darem een of ander erkenning te laat dat ek jul goetertjies lees. <3
-
Kiekies
Soos jy sien, liewer laat as nooit. Ek krap vanaand weer ou koeie uit die sloot, maar hier koei dra die waarheid. Asseblief to iemand...gee kommentaar!!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Dis n baie waar stukkie wat jy hier plaas Toom. Ek dink dis in elke INK lid se siel n doring in die vlees dat die mede INK lede so traag is om op ander lede se werk kommentaar te lewer. Enigste oplossing blyk te wees dat elkeen van ons soveel moontlik by ander se plasings betrokke moet begin raak?