Jongste aktiwiteit:

Kurland

“Ons het so met sonsak in die ou dorpie aangeland. Nig is dit nou vir jou ʼn mooi en so rustige ou plekkie. Kinta, die mense wat my vertel het Kaapstad is stil weet jou werklik nie wat stil is nie. Nou ja so daar aan gekom het hulle ons sommer reguit soos ʼn beeste tafel toe gejaag en elkeen sy kooi gewys. Sie jy nou ou mense so sal aanjaag. Ons het lank mos nie meer soveel slaap norag nie.”
“Ek hoor tante-hulle moes twee-twee in die selfde kamer slaap, saam met wie het tante toe oor geslaap?”
“Natuurlik moes ek en ou tante Fiek,, verbeel jou iemand met so naam, ʼn kamer deel. Suster jy sal my nou nie glo nie, sy snork nou vir my onner die lakendoeke uit. As my oorle man se ou motorkar so moes klink het hy sweerlik die enjin oor gedoen… vreeslik mens, vreeslik sê ek vir jou. Ek het toe maar die berge gesit in beloer so van skuins voor sonop af.
Nou ja ons was skaars op of word soos hoeners ontbyt toe gesleep. Die het nog nie eers gaan lê in onse mae nie toe wil Fiek agter die jongklomp die berge in. Met high poffaais wil sy my kwansuis saam sleep. Stel jou selwers nou voor, hierie ou vrou op ʼn bergstap, ek sal mos dood neerslae, of wat seg ek nou alles?”
“Wie het tante hulle opgedeel in kamermaats?” vra Estelle nuuskierig
“Nee nig, dis daai toerleidster, da was glo niemand anders nie… en daar sit ek jou nou werklik waar met ʼn ou stoomketel vir die nag opgeskeep.”
“Waar het tante hulle oor geslaap?”
“ ʼn Mooi plekkie nig, nogal heel danig, hul roep iets soos die Blou lug en Bottervlieg gedoente.”
“Tante?”
“Man dis daai fancy plek in die Doritos straat.”
“O tannie praat van Blue Skies en Butterflies en dis nie Doritos nie, dis Loredo straat.”
“Maar dis mos wat ek geseg het kinta, julle en julle se rooinek taal, ai”
“Nou wat het tante-hulle nog gemaak daar?”
“Nee kinta, toe die jong klomp die hoogtes invaar gaan ek myself tuis maak op die dek. Nou ja van hier kinta het dinge ʼn heel anner wending geneem. ʼn Grant ou, seker so by die sewentigs… darem nie te ver van my se ouderdom nie, kom sit daar neffens my. Nou ja kinta een woord word twee en twee word toe mos nou drie en kort voor lank sit ons toe saam af ʼn plek wat hulle abseil doen. Nou wat weet ʼn ouma van tien klein kinders en veertien agterklein kinders nou van die gedoente, maar nou kan ek ook mos nou nie maak of ek pernosel is nie, sien. Ek hou toe mos vir my nou heel katjie van die baan en sit hier af met ʼn vreemde man in sy se motor. Nou ja, om nou ʼn lang storie kort te maak, toe ek nou daai affêre sien toe weet ek, hier vrek ek nog vandag. Ja nig, my se maag het lanklaas so storm draaie gemaak en net daar besluit ek: miskien anner dag maar vandag nee nie hierie ou vrou nie. Kinta en daar bars die man ook nou uit van die lag sien. Hy wou nooit die ding doen nie… meer vir die jong geslag glo… ons moes glo net kom kyk. Nou noodloos om te sê: op daardie oomblik weet ek, droog sal ek in elke geval nog moet gaan aantrek en so por ek dan die ou laventelhaan aan dat dit nou myse pille tyd is en ek kan dalk rêrig vrek as ek nou nie die se goed op die regte tyd vat nie. By die oorlê plek raak die ou man ook half haastig, glo ʼn ander afspraak…” Tant Gerrie lê so half oor en praat sagter, “kinta ek weet nou nog nie of die man van die nat affêre geweet het of nie, maar myse rok was darem so ampertjies droog toe ons by die lêplek kom sien.”
“Jinne maar tante-hulle het ʼn lekker tyd gehad. Wie sou nou kon glo, so klein plekkie kan vir soveel opwinding sorg?”
“Nou nig daarie aand is ons geboek in Kurland-landgoed se beddegoed. Mens… vyfster sê ek vir jou. Nou nig, wie sal ek nou daar raak loop?”
“Nee tante hoe sal ek nou weet?”
“Ai julle jonges het ook geen respek vir ons oues nie. Daai grend ou en sy ewe grend vrou vermaak die mense in die saal. Ek sweer nog vandag hy’s die baas daar. Ek loop toe maar oor soontoe sien ek wou darem net groet… goed groot gemaak sien. Sal die man nie maak of hy my nie ken nie en my skoon vermy soos vir pes onner die vee. So buffel, seker maar die nattigheid op die se sitplek wat bietjie gekrap het sien”
“Tante ek moet nou loop, lekker om weer met tante te kon praat. Moet nou nie daai linnetjie wat tante in die weekwater gelos het, vergeet nie… nou-nou vreet die seep dit nog.”
“Ja wragtie kinta… dit sal nou vir jou affêre wees. Nou stuur groete vir jouse ma, sê vir haar ek sal so sonop ʼn kommetjie koffie kom nuttig daar by haar.
“Totsiens tante.”
“Baai kinta.”




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed