Kusloos
Die oseaan van tyd lê wyd,
wyd met wisselende getye
wat golwend beweeg
teen alles, oor alles
wat daaraan raak
wieg dit heen en weer
deining dit op en af
altyd aan die beweeg,
soms meetbaar
ander kere onverklaarbaar
steeds altyd teenwoordig
Onbegrensd, kusloos
bewustelik of bewusteloos
Dit is onkeerbaar,
onbeheerbaar
alt y d…daar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.