Lawa begrafnis
Broeiend, gloeiend en kokend
die onbeplande ent
wat laaste aksies
verewig en vir ewig vaspen
dekades, eeue en eons gaan verby
maar steeds sal die gegiete monumente bly
om die wat nog moet leef te herinner
dat geeneen datum of tyd van hul eindlyn wis
Dit is gewis,
‘n lawakis en begrafnis
gee stof tot nadenke
maar geen laaste kus
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.