Goudgeel lande van goud
Ru geruk, tot voor gepluk, lê die grond
soos nuwe bloed, wat lewe sal gee
wagtend om die juwele te ontvang
wat in die rooi buik sal bot en rond
Klein is die begin waar groei onspring
en stadig in die donker bult met krag
Die grond, kans op lewe, ook ‘n sware vrag
vir die brose saailinge se eie beskerming
Dan kom die dag so lank afgewag
waar die grond oopkraak en breek
voor die blare wat oopvou se krag
en sonstrale nie meer saailinge sal steek
Die jongelinge strek, ongelooflik hoe hul rek
na die son, nog voor die blomme kom
en kort voor lank vorm dit aan die stingel slank
‘n volle geel son gesirkel in sonneblom
Die oggend breek deur die duister nag
en waar die strale val verguld die nuwe dag
oor lande wat in geel en goud na bo lag
goudgeel lande van goud wat in oogkyk sag
‘n Skat van groter waarde vir die son
wat die hele seisoen hul aanbidding smaak
terwyl hul in afhanklikheid sy elke beweging volg
om hul vrag volkome gereed en ryp te maak
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.