
leë woorde
digter waar lê jou siel
maak jou woorde net nog ‘n wiel
lees jy uit die woord en skryf ‘n frase
oor geestelike sake soos die pase
leser waar lê jou angel
is goedkeuring soos ‘n bengel
wat agterna loop kyk en blaf
sonder om saam te draf
uit jou woorde styg ‘n geur
waaruit ek jou gedagtes kan keur
en begrip kry van jou bestaan
al is dit onder ‘n donkermaan
©Teárlach
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Koos Elsum
Hou baie vd gedig, veral omdat ek ń maand lank op reis was wat skryf moeilik gemaak het. Dankie vir die deel & motivering. Dan ook nuwe woord “bengel” vir my !