Framboos blom die liefde
As jy vanjaar in Rusland is
gaan soek die lentekind
Sy ontwaak net met die soet stem
van die lentewind.
Sy slaap in die Betula-woud
waar silverberke blom
Met ʼn eike-takkie in haar hand
slaan sy die winter stom.
Vra haar dat die vlinderbos
heeljaar hier sal blom.
Dat skoenlappers in swerms
reënboogkleure hierheen kom.
Sê haar dat die liefde
framboos blom op ons stoep.
Vra haar dat die naguiltjies
mekaar weer snags sal roep.
Vra haar dat die somerson
sag oor ons sal streel,
en die blulpadda sy maanlig weer
met die plat-anna sal deel.
Vertel haar eks oor die hartseer
van ons feetjietuin se dood –
want met die aankoms
van die lentereën,
ontwaak ʼn pienkvoet-lentelelie
beelddskoon in my skoot.
* Ivahné Szikra – 2017-10-03
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Lorraine
Ek love hierdie gedig, Loretta... right up my ally!!