Glinster fees
Skynbeeld, skaduwee gedagtes
staar ek na die bloute
bang vir die geraas, die stilte
van besige gedagtes
Ek mis jou, tussen nou en gister
en ek mis die fees in jou oë se glinster
2 Kommentare
-
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Oktober 2017 – Snelsonnet projek
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Loretta Szikra
Ai tog.. gee jy nou vir my heimweë Suzette. Goed geskryf.