
Jolyt
As die lig van die volmaan oor my straal
wil ek my skoene uitskop, my hare losmaak
my hande hoog gooi, dans asof niks my traak
onder derduisende sterre wat saam my verdwaal.
want die lewensreis is ‘n Weense wals
al galm die simfonie soms so effe vals.
© 2017 Caren Kearley
Kopiereg voorbehou
3 Kommentare
-
-
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Oktober 2017 – Snelsonnet projek
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Loretta Szikra
Baie mooi. Die lewe is mos wat ons daarvan maak.