Leeg
stadig met die sypel
van sand deur die uurglas
vul ou vervalle kamers
met rooisand
die slagaar is afgesny
met sugte asem die wind
die dorp het leeggebloei
net herinneringe rus hier
en steeds sal somersmôrens
vuurspuwend lig uitspoeg
die verf van mure afskil
in die plat
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.