Gewoontes
algemene kennis is
gevorm in oertye
geëts op tablette en
toe verfyn in oorwoë filosofieë
eie kennis is
gebore uit voorvader bloedlyne
toe jare uitgebou in daaglikse drome
opgejaag deur ewige ontydige blase
egoïstiese dade is
gebaseer op geheuebanke
verder aangevuur deur natuurdrange
wat daagliks lukraak orals ontpop
is dit waar of onsin
nou en in ewigheid ?
ek weet net
ń reg ook ń onreg !
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.